NG Kerk Noordelike Sinode

Hoofblad
Sinodale Sake
Gemeentes en Leraars
Ringe
In Gesprek
Verskil
Bedieningshulp
Algemene Inligting


 

 

 

 

 



 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 


EMBLEEM / LOGO

 

Kremetart
* Die kremetart is 'n Afrika-boom - dit simboliseer die Afrika-kontinent by uitnemendheid.

* Ons is in Afrika, ons is van Afrika, ons is Afrikane - hier gebore vanuit geslagte wat al lankal  hier woon; hier groot geword; hier lewe ons, en ons wil in geen ander land wees nie.
* Hoekom deel van ons logo?  Dis Afrika, dis groots, dit  staan vas en gee vastigheid, dis asof ons almal ons arms om die boom wil sit en mekaa
r so vashou.

 Hand

* Dit bring ons by die hand - 'n oop hand wat gee, wat uitgesteek word om te help; 'n ondersteunende hand; 'n hand van welwillendheid en openhartigheid en vriendelikheid en naby-wees.
* Uiteindelik is dit God se hand wat sigbaar word in hierdie wereld deur ons hande.

 Kruis
* Die kruis? Hoe anders!  Die kruis vorm die fokuspunt, die middelpunt - ingeweef in die kremetartboom. Dis asof die boom uiteindelik vir ons die kruis word.
* En so rig ons - hier in Suider-Afrika - ook ons oog op die kruis; dra ons ons kruis, ons tipiese Suider-Afrikaanse kruis (so dikwels uniek anders as die kruise van die res van die wereld); bring ons hoop en maak ons 'n verskil omdat ons leef onder en vanuit hierdie Kruis.


VERKLARING

Getrou aan ons belydenis:

BELY ONS dat ook die NG Kerk skepping van God Drie-enig is en as gawe aan Suider-Afrika geskenk is.

DROOM ONS om in afhanklikheid van God en in die kreatiewe krag van die Heilige Gees gemeentes te bou wat elkeen in eie konteks die Koninkryk van God soek, deur

  • 'n baken van hoop;

  • 'n simbool van versoening; en

  • 'n voorbeeld van Christelike lewenstyl en waardes te wees.

ONDERNEEM ONS om

  • ons hoop op niks en niemand anders nie as op God Drie-enig te fokus;

  • met geloof ons krisistye as groeitye te vertolk;

  • met entoesiasme en kreatiwiteit te bly reformeer;

  • met erns en doelgerigtheid die gegewe eenheid in die liggaam van die Here Jesus Christus na te jaag;

  • ons vir Bybelse waardes te beywer en onvermoeid deel te neem aan die worsteling vir Bybelse geregtigheid vir alle mense;

  • vanuit ons noue verbintenis aan mekaar ons gesonde diversiteit te vier;

  • mekaar steeds te herinner dat die gemeentes, ringe en die sinode nie ter wille van hulself bestaan nie maar om te dien;

  • die staat te ondersteun in pogings om Suider-Afrika 'n samelewing van hoe morele waardes te maak;

  • ons in alles te laat leer en lei deur die Heilige Gees;

  • ons kerkwees so te bestuur dat ons visioenere en missionere wese op 'n relevante wyse uitdrukking kan vind.

BID ONS: Kom, Skepper-Gees! Veni Creator Spiritus!


Stuur pos na hermien@noordsin.co.za met vrae en kommentaar oor hierdie webtuiste.
Nuutste opdatering:  2 Julie 2009