|
NG Kerk Noordelike Sinode |
|
1. God ontmoet op 'n besondere manier sy kinders in en deur middel van die natuur. Ter wille hiervan word 'n avontuurbaan uit welwillendheid op 'n aangrensende grondeienaar (Kobus Briel) se eiendom tot huurders se beskikking gestel. Die toegangshek is aan die westekant van die Warmbronterrein. 2.
Dit bied aan predikante, opvoeders, jeugwerkers en ander fasiliteerders die
geleentheid om op 'n vars en nuwe manier feite aan individue en groepe oor te
dra, naamlik deur middel van interaktiewe meedoen - 'n ervaring in 'n digbeboste
gebied waar daar met behulp van bepaalde aktiwiteite geloofs- en lewenswaarhede
vasgelê kan word. Binne 'n holistiese proses kan jongmense se liggame,
kreatiwiteit, verstand en emosies betrek word sodat hulle deur middel van
fisiese avonture kan leer. Op hierdie avontuurbaan is daar plekke vir rotsklim
en word toubane en ander basiese apparaat beskikbaar gestel. 3 Die rotsagtige terrein is geskik vir abseiling. Die volgende uitdruklike voorwaardes geld: Huurders moet self die nodige en geskikte apparaat voorsien en dit moet onder toesig van volwassenes geskied wat oor die nodige akkreditasie vir abseiling beskik. 4. Huurders gebruik die avontuurbaan op hulle uitsluitlike eie risiko en vrywaar die NG Kerk, sy werknemers en vrywillige helpers en die betrokke grondeienaar teen enige eis weens skade as gevolg van beserings en/of ongelukke.
Terug na Badseloop Tuisblad
|
|
Stuur pos na
hermien@noordsin.co.za met vrae en
kommentaar oor hierdie webtuiste. |