Kategese en Belydenisaflegging: >> Die SDR het
tydens die vergadering van 4 Maart 2011, ‘n groot deel van sy tyd afgestaan
aan ‘n bespreking oor kategese en belydenisaflegging. Tienie Bosman,
Johan Avenant, Malan Nel en Lizl-Louise Schoeman het die gesprek ingelei.
>> Die
powerpoint aanbieding en ander bruikbare inligting wat deur
ringe en gemeentes gebruik kan word wanneer hulle die onderwerp wil hanteer,
volg hieronder:
E-Nuus
(Weeklikse opsomming
van berigte uit bekende dagblaaie rakende aktuele sake rondom die kerk en ons
leefwereld.) * Dis 'n gratis diens en kan bloot deur 'n e-pos aangevra of
gekanselleer word. Kontak ABID by
ngkinlig@mweb.co.za
Riglyne : Salarisskale vir Kerkorreliste -
Die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (SAKOV) se riglyne ten
opsigte van salarisskale vir kerkorreliste vir 2011 is onlangs aan
lede van SAKOV beskikbaar gestel. Lede kan hierdie skale vanaf SAKOV se
webwerf (www.sakov.org.za) bekom
deur met hulle gebruikersnaam en lidnommer in te teken. Vind hierby aangeheg
'n aansluitingsvorm indien
u kerkraad / u orrelis nie reeds 'n lid van SAKOV is nie.
2011 – IN DIE SPORE VAN BARNABAS - GEVORM DEUR DIE GEES MET GEESTELIKE
GEWOONTES
Die Seisoen van Luister het 10 preekriglyne beskikbaar gestel vir
Pinkster 2011. Dit fokus op die werk van die Heilige Gees soos ’n mens
dit in die verhaal van Barnabas in Handelinge lees.
Sy verhaal word gekoppel aan die geestelike gewoontes wat in sy
lewe en dié van die kerk sigbaar is.
Die eksegetiese opmerkings en opsomming van die geestelike
gewoontes is onmiddellik aflaaibaar. Die bemarkingspamflet
sal 13 April beskikbaar wees, en die volledige preekriglyne en
liturgieë 16 Mei.
Daar is ook ’n Bybelstudieboek oor Barnabas (Bybel-Media) wat ná
die tyd in kleingroepe gebruik kan word - 16 Mei beskikbaar.
Hier is ’n beskrywing van die hulpmiddels, geestelike gewoontes, die
model van verandering waarmee hulle werk, die verhaal van Barnabas, ’n
oorsig oor Handelinge en so meer wat jou in jou voorbereiding sal help: