|
Diversiteit |
"Saamdink" oor Diversiteit Tydens die "Saamdink" oor diversiteit in Pretoria van 18-19 Mei is daar heelwat energie en kreatiwiteit opgewek. Sewe van die tien Streeksinodes was verteenwoordig, 'n paar inleiers wat aktuele onderwerpe ingelei het, 'n paar predikante en twee finalejaar teologiese studente. Die program van die twee dae se gesprek het die volgende belig: Inleier 1: Dr Johan Pienaar (Moderator van die Noordelike sinode) - kliek hier Inleier 2: Dr Fanie Cronje - Diversiteit in die Ou Testament en Antieke tye - kliek hier Inleier 3: Ds Dieter de Bruin - Diversiteit in die erediens, liturgie en simboliek - kliek hier Inleier 4: Dr Charles Malan - Die smet van diversiteit as andersheid - kliek hier Inleier 5: Dr Nelius Steyn - Vier ons andersheid; Diverse persoonlikhede van die NG kerk se predikante - kliek hier Inleier 6: Prof Willie van Heerden - Bio-diversiteit - kliek hier Inleier 7: Me Jolene Kloppers - Xenofobie en diversiteit - kliek hier Samevatting: Dr Jan Botha - Diversiteit, moonlike stories van Hoop! - kliek hier Die taakspan vir diversiteit wil gesprekke/geleenthede aanmoedig en landswyd netwerke en belangegroepe stig en vorm. Meer detail sal later volg. * Belangstellendes en persone wat wil deelneem aan die proses kan enige tyd kontak maak met die taakspan. Navrae: Dr JA (Jan) Botha [NG Gemeente Eloffsdal], tel: 012 546 3545, e-pos jan@pastoralepraktyk.co.za
|
|
Stuur pos na
hermien@noordsin.co.za met vrae en
kommentaar oor hierdie webtuiste. |