NG Kerk Noordelike Sinode

Hoofblad
Sinodale Sake
Gemeentes en Leraars
Ringe
In Gesprek
Verskil
Bedieningshulp
Algemene Inligting
Wie is ons


Magaliesbergjeugkampterrein

! Avontuur  ! Fasiliteite  ! Foto galery  ! Geskiedenis  ! Kontak ons 


Die jaar het maar pas begin en ek is seker daar is van u wat alreeds kan doen met 'n wegbreek in die vrye natuur.

Maar hoe gemaak met die finansies wat maar oral druk? 

Hier is u antwoord:  'n naweek weg van alles, letterlik ALLES as ek nou die bobbejane, die  "Piet my Vrou" die "Neushoring voël", die "Houtkapper",die "Bospatrys" die "Visarend", die "Aasvoëls" en nog vele meer uitsluit.

As u energiek genoeg is, en die staproete (wat De Wetsnek insluit), gaan stap moet u oplet vir Steenbokkies, Klipspringers, Rooiribbokke en natuurlik die Dassies wat in die son lê en bak.  Saans as dit stil word om die kampvuur sal u die Jakkalse hoor!

Die kamp word nie net aan gemeentes verhuur nie, maar leen homself as 'n Wegbreek-naweek vir besighede, Spanbou, of Bosberaad.  Dit is natuurlik 'n paradys vir Voortrekkergroepe , Leerlingraadkampe of familie saamtrekke.

Magaliesberg Jeugkampterrein het 2 kampe. Een met 106 beddens en een met 69. Die kampe kan afsonderlik bespreek word maar albei kan ook gelyk bespreek word. Die terrein bied aan u  bekostigbare akkommodasie in "Chalets" met 8 beddens aan elke kant.  'n Saal, 'n toegeruste kombuis met 'n braaiplek en 'n lekker  groot swembad.

Die kamp lê in die Magaliesbergreeks en bied aan die kampers 'n ongerepte natuurskoon met silwerskoon drinkwater.  Die terrein is 'n klipgooi vanaf Pretoria en naby die Hartbeespoortdam.

Alle moontlike sekuriteitsopsies is in plek om u 'n veilige en rustige kamp te laat geniet.  Die kamp is gekoppel aan 'n bekende Sekuriteitsmaatskappy en wagte doen diens vanaf 6 uur in die aand tot 6 uur in die oggend. 

Vir verdere inligting kan u die Besprekingskantoor by 012 250 5033 of sel no 076 908 1500 skakel. Stuur ook 'n epos aan magjeugkamp@ngkrokodilrivier.co.za
 

 

 

 

 

Terug na Blad
 

Stuur pos na hermien@noordsin.co.za met vrae en kommentaar oor hierdie webtuiste.
Nuutste opdatering:  3 Februarie 2012