|

 Definisies
Mentoraatskap - Dit is die proses waardeur geselekteerde en
opgeleide predikante ander predikante begelei en ondersteuning deur besondere
advies, ondersteuning en leiding te gee met die oog op sinvolle funksionering
binne die leraar se gemeente in besonder en binne die Noordelike Sinode in die
algemeen. Dit is ʼn gestruktureerde, formele en professionele
begeleidingsprogram.
Mentor - ʼn Mentor is ʼn leraar met besondere ervaring en blootstelling van
waaruit hy/sy ʼn ander kollega kan begelei en ondersteun. Dit geskied deur
ondersteuning, begeleiding, berading, onderrig, advies, bemoediging,
aanmoediging en in die algemeen deur ʼn rolmodel te wees.
"Mentee" - Die leraar wie se welstand so hoog deur die Kerk aangeslaan
word, dat hy/sy op ʼn besondere pad van begeleiding geneem word.
Doelwitte
Fasiliteer die
suksesvolle inskakeling van leraars in hulle onderskeie gemeentes en in die
Noordelike Sinodale.
Verseker die sinvolle
oordrag van vaardighede, kennis, gedrag en houding tussen leraars.
Skep kapasiteit en
vaardighede in die leraarskorps met die oog op optimale funksionering binne die
bepaalde eise van die tydsgewrig.
Vestig ʼn gees van
voortgesette onderig en lewenslange leer.
Aktiwiteite binne
Mentoraatskap
 Oordrag van
vaardighede: Die mentor dra kennis en vaardighede oor wat nodig is om sinvol as
predikant te kan funksioneer. Hierby is ingesluit die oordra van tendense binne
die breër kerkverband. Die mentor tree op as skakel tussen die mentee en
kerkraad spesifiek wat voorgesette opleiding betref.
Oordrag van
interpersoonlike vaardighede. Hierdie verhouding wat ontwikkel tussen mentor en
mentee moet kan dien as ʼn voorbeeld waarop die leraar binne sy eie gemeente
verhoudings kan bou.
Pastorale
ondersteuning om die stres van die predikantsamp te kan verwerk.
Pastorale
ondersteuning wat betref die persoonlike lewe van die mentee, insluitend huwelik
en gesin.
Die mentor gebruik sy
invloed om bronne beskikbaar te stel vir die optimale ontwikkeling van die
mentee.
Bou van ʼn
vertrouensverhouding waarin die mentee se eie vertroue ook gebou word.
Beëindiging van
Mentoraatskap
In die formele mentoraatskapsprogram
behoort die verhouding tussen mentor en mentee geaktiveer, ontwikkel, in stand
gehou en ook beëindig word. Dit geskied op die volgende wyse:
Die program duur tussen 18
en 24 maande waarbinne bepaalde doelwitte bereik moet word. Die program
termineer met bereiking van die doelwitte.
Binne die holistiese
verstaan van die Predikanteversorgingsmodel, behoort daar na twee jaar na
voltooiing van ʼn mentoraatskapsprogram weer met ʼn nuwe program begin te word.
Die mentor en mentee
neem na 6 maande die besluit om die verhouding te beëindig. Dit geskied o.g.v.
wedersydse ooreenkoms dat die verhouding nie gaan werk nie. ʼn Nuwe mentor word
gekies.
Verantwoordelikhede
Die Aktuarius is oorhoofs
verantwoordelik vir die proses. Die Ring vervul vir die interim net ʼn
kommunikasierol t.o.v. die predikanteversorging in geheel. Die mentor, mentee en
Kerkraad (Diensverhoudinge) neem gesamentlik verantwoordelikheid vir die
begeleiding van die betrokke leraar. Dit behels:
Opstel van 'n formele
kontrak tussen kerkraad, mentor en mentee.
Die mentor en mentee
bepaal die doelwitte vir sy/haar begeleiding.
Die predikant wat
gementor word neem verantwoordelikheid vir selfassessering.
Administrasie
Die mentor,
mentee en kerkraad kry afskrifte van die ooreenkoms en finale verslag. Geen
verslag sal persoonlike besonderhede van die leraar wat met die program besig is
bevat nie. Slegs doelwitte wat van die begin af met al drie partye ooreengekom
is, word sigbaar gemaak en daardie uitsette word oor verslag gedoen. Die
vertroulikheidsaspek binne die pastorale versorging, wat deel vorm van
Mentoraatskap, sal ten alle tye gehandhaaf word.
NAVRAE: Johan van den Heever
ansjohan@eject.co.za 0834482609 / Roelf Opperman
roelf.opperman@kameeldrif.ng.org.za
0823351156

Terug na Hoofblad
|