Struwig Eko-reservaat

Hoofblad
Sinodale Sake
Gemeentes en Leraars
Ringe
In Gesprek
Verskil
Bedieningshulp
Algemene Inligting
Wie is ons




Moelik om te glo ... maar waar!

Struwig het die afgelope paar maande 'n totale gedaante verwisseling ondergaan!  Al die eenhede is omgebou tot gerieflike selfsorg eenhede.  Elkeen met sy eie badkamer, kombuis en braaiplek!  Al die eenhede het nou ook pragtige grasdakke, wat die atmosfeer van die bos in jou chalet indra.

Daar is nou 'n verskeidenheid eenhede wat by jou behoefte sal pas.  Net jy en jou maat - dan is daar gerieflike enkelslaapkamer-eenhede beskikbaar.  Lus om die gesin of sommer die familie saam te nooi?  Daar is nou eenhede met tot drie slaapkamers, 'n reuse en gerieflike kuier stoep, en sy eie private braaiplek.  Bring jou familie saam, maar soek 'n bietjie privaatheid - bespreek dan ons "tweeling"-eenheid, wat met net die oop of toemaak va 'n deur, vir jou die opsie gee van saam kuier of alleen tyd spandeer in jou eie private leef area.  Die hele terrein kan ook vir groot groepe bespreek word.

Die goeie nuus is dat daar ook nou spesifiek voorsiening vir die jeug gemaak word.  'n Grasdak Jeug-eenheid word tans opgerig.  Hierdie alleenstaande eenheid gaan slaapplek bied vir tot 24 mense.  Kamers slaap vier elk, en daar is voldoende ablusie geriewe, 'n groot kombuis en braaiplek.  Hierdie eenheid is ook ideaal vir aktiwiteite soos mannekampe, gesinskampe, spankampe en vroue naweke.

Wat nie verander het nie, is Struwig se rustige Laeveld atmosfeer, die nabye belewenis van die bos, en die eksklusiewe ervaring van 'n klein en persoonlike kamp.  By Struwig staan 'n mens nie in toue om leeus van nader te kan bekyk nie!  Die olifante en seekoeie baljaar nog op jou voorstoep in dir eivier, en die luiperd word dikwels saans van die lapa af gesien!

 

 

Besoek http://www.struwig.co.za/ vir meer inligting oor die Groot Vyf natuurreservaat in die Groter Kruger Nasionale Park gebied, naby Hoedspruit.. Besprekings:  struwig@xpoint.co.za.


Terug na Blad

 

Stuur pos na hermien@noordsin.co.za met vrae en kommentaar oor hierdie webtuiste.
Nuutste opdatering:  27 Augustus 2010