|








| |
1. TARIEWE
1.1 'n Deposito van R1,500.00 per terrein is betaalbaar en moet vereffen
word soos in punt 1.4
gereël. Die Bestuurskomitee mag in sekere gevalle 'n verdere deposito hef vir moontlike breekskade.
1.2 Die huurtariewe vir die tydperk 1 Januarie 2012 tot 31 Desember 2012
is soos volg:
1.2.1 Jeug- en gemeentekampe: R60.00 per volwassene, R50.00 per skoolgaande kind en R25.00 per voorskoolse kind per nag, met 'n minimum tarief van R1,500.00 per kampterrein. Jeugkampe wat langer as 5 nagte duur,
betaal 'n goedkoper tarief, naamlik: Die eerste 4 nagte word bereken @ 100% van
die bogenoemde tariewe, daarna @ 80%.
1.2.2 Privaatkampe: R110.00 per volwassene, R70.00 per skoolgaande kind
en R40.00 per voorskoolse kind per nag, met 'n minimum tarief van R1500.00 per kampterrein.
1.2.3 Midweek (gedurende skoolkwartale van Maandag 14:00 tot Vrydag
10:00):
* Groepe van 20 persone en minder: Volwassenes R70.00 per nag, skoolgaande kinders R55,00 per nag, voorskoolse kinders R30.00 per nag.
* Groepe van 21 persone en meer: Volwassenes R60.00 per nag, skoolgaande kinders R50.00 per nag en voorskoolse kinders R25.00 per nag.
1.2.4 Dagbesoekers (oor naweke slegs as daar geen ander huurders is
nie): R20.00 per persoon.
1.2.5 Ad-hoc groepe gedurende die week (selfversorgend): R70.00 per groep (bv. stap- of
voëlklub, wyks- of gesinsgroepe).
1.3 Die balans van die huurgelde, nadat die deposito in berekening
gebring is, moet vergesel van Vorm 2 die Skriba binne 'n week na afloop van die
kamp bereik.
1.4
Bogenoemde tariewe is onderhewig aan verandering - ten einde met die styging
in kostes tred te hou, sal die tariewe jaarliks met ongeveer 10% aangepas moet
word.
Terug na Badseloop Tuisblad
|